Welkom by Afrikaanseboeke.co.za Die blad is gestig om Afrikaanse sprekers die geleentheid te gee om boeke aanlyn te koop en te verkoop.

Hier kan jy registreer as ‘n verkoper en jou eie winkel bedryf. Jy kan boeke adverteer, in stapels of een-een.

REëLS AAN VERKOPERS:

Laai die boek se naam as titel. Die outeur en jaar van uitgawe kan jy by beskrywing plaas. Gee soveel moontlik inligting, anders gaan jy baie vrae moet beantwoord!!

Wees eerlik oor die toestand van die boek: merke, geskeurde blaaie, stofomslag, uitgawe.

Lys uitgawe as dit belangrik is bv. by Afrikana.

Geen boeke met UITGESKEURDE blaaie nie.

Pos boeke binne 3 dae van die bestelling, waar moonlike en stuur die tracking nommer vir die koper. Anders word jy dalk aangegee as een wat nie boeke pos nie, en dan is dit koebaai met jou!

As jy met vakansie gaan, haal jou boeke af, of kry iemand anders om dit vir jou te pos … of ry jou boeke saam!

Afrikaanseboeke.co.za vat 11% kommissie op boekverkope. Dit sluit die bankkostes en transaksie fooite wat deur derdepartye gehef word in.

REëLS AAN KOPERS:

Jy moet dadelik vir Afrikaanseboeke.co.za in kennis stel as jy nie jou boeke kry nie, maar ons kan nie verantwoordelikheid daarvoor neem nie.

Ons moet die koper se geld uitbetaal, dus kan jy ons kontak sou jy nie jou “tracking nommer vir pos” binne 3 dae kry nie.

Jy kan nie boeke terugstuur nie, tensy daar ‘n jokkery oor die uitgawe was. Dan sal ons die verkoper se lidmaatskap opskort.

Soms bestel ons baie boeke uit een winkel en werk die posgeld meer uit. As die verkoper jou kontak in so geval, wees asb bereid om die ekstra R50 te betaal om jou pakkie te kry!

Afrikaans is ons taal. Dit is ekspressief en dit is verseker na aan ons harte. Kom ons kyk hoeveel boeke ons in omgang kan hou. Gesels met verkopers, vra vrae en gee terugvoer.

Laat weet almal van ons blad, want hier praat ons AFRIKAANS!